Een persoon is dood en een persoon ernstig beseer toe hul voertuig Sondag 2 Julie 2023 op die N2 naby Stanger in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
IPSS Medical Rescue se paramedicihet het met aankoms op die ongelukstoneel op die N2 tussen Mvoti-tolhek en Stanger gevind dat die bestuurder van ‘n ligte motorvoertuig beheer oor die voeruig verloor het en die voertuig verskeie kere gerol het.
Tydens die rol het die voertuig uitmekaargebreek en het ongeveer 200 meter van die pad af tot stilstand gekom.
Beide insittendes van die voertuig is uit die voertuig geskiet. Die bestuurder van die voertuig is op die toneel dood verklaar. Die passasier met ernstige beserings is gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



