Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
’n Getuie in die Madeleine McCann-saak het gesê die hoofverdagte het gereedskap gehad wat “enige deur kan oopmaak”.
Helge B het gesê Christian Brueckner het gereedskap gehad wat enige deur kan oopmaak, wat die amptelike teorie dat iemand Madeleine McCann ontvoer het deur by ‘n oop venster in te klim, omvergooi.
Helge B het vir The Sun on Sunday gesê hy het die polisie vertel van die gereedskap wat hy by Brueckner gesteel het toe dié in die tronk was vir diefstal. Helge B het ook gesê Brueckner het vir hom gesê Maddie “het nie geskree” toe sy ontvoer word nie.
Die polisie is glo besig om die moontlikheid te ondersoek dat Brueckner motorverf gebruik het om Maddie aan die slaap te maak na hy by die deur ingegaan het.
Brueckner is in 2020 as ‘n verdagte identifiseer. Hy is voorheen skuldig bevind aan die seksuele mishandeling van kinders en dwelmhandel. Brueckner dien tans tronkstraf uit vir die verkragting van ‘n vrou (72).
Bronne: Independent, The Sun, Perth Now
Lees ook: Mej. SA gaan nie Levern José vervang nie



