Willem sou vandag 30 wees

Deel hierdie storie / Share this story

Willem Kruger, die man wat in Suid-Afrikaners se harte ingekruip het na sy dood, sou vandag 30 jaar oud gewees het.

Die land het saam met Kruger se familie en vriende getreur na sy raaiselagtige dood.

Kruger het op 12 November ‘n partytjie by Henbase Logde in Mpumalamga bygewoon toe hy vermis geraak het.

Sy bakkie is egter nege dae later in die Vaalrivier gevind. Kruger was in die bakkie.

Die ondersoek is steeds aan die gang om te bepaal hoe Kruger se liggaam en bakkie in die rivier beland het.

Lees meer hier: https://find-it.co.za/2022/11/22/willem-se-bakkie-gekry-asook-n-man-se-liggaam/