Kyk video onder:
Anne-Marie Smit van Pretoria het ‘n video op Facebook geplaas waarin sy teenoor Steve Hofmeyr gal braak in ‘n gesprek wat sy wil “continue”.
“Steve Hofmeyr, alias……lopende grammafoon HAT woordeboek. Ek is so de wetter in en jy krap nou al aan my gat sedert 1986.”
Smit beskryf hoe sy as plaasmeisie in die 80’s vir Hofmeyr reeds by die Technikon dopgehou het.
Dan brei sy uit oor haar eie studies op ‘n latere ouderdom.
Haar ma, wat glo weet hoe sy oor Hofmeyer voel, het haar Sondag ‘n video gestuur wat haar kwaad gemaak het omdat sy moes hoor “wat die man nou weer kwytgeraak het.” Die hele kabaal gaan oor ‘n video wat Hofmeyr gemaak het. En sy video’s van hoe plaasmoorde en Suid-Afrika as ‘n geheel hom kwaad maak, krap haar hewig om.
Of dit nie al is nie, sleep sy Sunette Bridges as Suzette Bridges in en sê sy is bly dat Bridges haar nie meer oor plaasmoorde uitspreek nie.
Smit sê dat sy nie ‘n platform soos Hofmeyr het nie en glo hy gaan een of ander tyd die Jesuskaart uitpluk, maar hy moet asseblief nie gospel sing nie omdat hy volgens haar nie in dieselfde kategorie as Joe Black is nie.
Sy “operate” nie soos Steve en Malema met “rent-a-crowds” nie en sê prontuit sy dink Hofmeyr doen alles vir publisiteit.
“Ek en jy praat weer, Stevie.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



