Voormalige polisiebeampte wat Tembisa-verpleegster vermoor sal nie tronkstraf uitdien nie

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die voormalige polisiebeampte wat ‘n verpleegster van Tembisa vermoor het, sal nie enige tronkstraf uitdien nie.

Lucky Mudau het skuldig gepleit op die moord van Lebogang Vinolia Monene op 9 Februarie 2022. Hy het haar geskiet en toe homself.

Die NPA het in ‘n verklaring gesê hy is in ‘n rolstoel en is gediagnoseer as ‘n C5-kwadrupleeg wat beteken hy kan niks op sy eie doen nie.

Hy is vandeesweek in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis tot 25 jaar vir moord, maar dit is opgeskort vir vyf jaar solank hy nie weer skuldig bevind word aan ‘n soortgelyke misdryf nie.

Die hof het besluit Madau sal nie tronkstraf uitdien nie na getuies gesê het daar is geen korrektiewe fasiliteit wat hom kan akkommodeer nie.

Bronne: IOL, TimesLIVE, 15 Minute News

Lees ook: Umlazi-vrou glo deur paramedici in kritieke toestand agtergelaat