Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op twee mense en die besering van nog ‘n persoon op Bethelsdorp op 22 Junie.
Drie mans was besig om in Lawrence Erasmuspad te loop toe verdagtes vanuit ’n silwer Renault op hulle geskiet het. Justin Malgas (25) is op die toneel oorlede, een slagoffer is beseer en die derde een het weggehardloop. Kurtley Rossouw (14) was in sy erf toe hy deur ’n dwaalkoeël getref is en hy oorlede is.
Een verdagte (33) is Dinsdag by sy huis in Gelvandale in hegtenis geneem terwyl die tweede verdagte (21) by die New Law-hof in Gqeberha in hegtenis geneem is toe hy daar was vir ’n ander saak.
Cheslyn Philander en Zane Geyers het Woensdag in die hof verskyn op aanklagtes van moord en poging tot moord en moet op 6 Julie weer in die hof wees.
Bronne: SAPS



