Delanie van der Mescht (16), ‘n gr. 10-leerling van Hoërskool Brandwag op Uitenhage, is na haar kankerdiagnose in 2022 Donderdagoggend 29 Junie 2023 oorlede.
Haar skool het die aankondiging van haar afsterwe op hul Facebook-blad gemaak.
Sy is verlede jaar op 16-jarige ouderdom met ‘n Ewing-sarkoma gediagnoseer.
Volgens haar BackaBuddy-profiel was die kanker net eers in haar linkerpelvis en het sy chemoterapie en radiasie ontvang.
Gedurende Mei 2023 het skanderings gewys dat die kanker onder andere na haar lewer, longe, bene, ruggraat en borste, sowel as na haar oogbanke versprei het.
Lees die plasing van Hoërskool Brandwag hier onder:
“En stil, so stil het die engel op ‘n nag gekom
en sag, so sag, jou stralend terug gegee aan Hom.
Sheila Cussons
Dit is met groot hartseer dat ons vanoggend moes afskeid neem van Delanie van der Mescht. Rus sag, ons sal jou mis.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



