Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Nege gewapende roofverdagtes word gesoek na hulle glo gister ’n petrolpomp op Odendaalsrus beroof en ’n OTM opgeblaas het.
Die verdagtes het glo werknemers by die petrolpomp oorval en geld geëis. Een van die werknemers is geslaan en die OTM opgeblaas. Die vermeende rowers het op die vlug geslaan toe hulle die privaat sekuriteitsmaatskappy se voertuig sien aankom het. Hulle het op die sekuriteitsvoertuig geskiet en in verskillende rigtings gevlug.
’n Sak vol geld is gekry waar hulle dit al vlugtende laat val het.
’n Saak van gewapende roof, poging tot moord en die opblaas van ’n OTM word ondersoek.
Bronne: SAPS
Lees ook: Verdagte vir ‘moord’ van raadslid in hegtenis geneem



