Umlazi-vrou glo deur paramedici in kritieke toestand agtergelaat

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die vrou wat glo deur paramedici in Umlazi, Durban agtergelaat is, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Dit is Dinsdag deur haar familie bevestig in ‘n onderhoud met Eyewitness News.

Twee paramedici het glo geweier om Thembeka Sikhosana (38) te help, want hulle wou nie trappe klim nie en het gevra haar familie moet haar dra. Hulke het egter gery, want hulle was glo te “stadig”.

Sikhosana se jonger suster het aan EWN vertel “die dokter het nierversaking, lewerversaking en toe geheueverlies gevind.”

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het gesê hulle ondersoek die saak en die twee paramedici is geskors.

Bronne: EWN, ECR, VN Explorer

Lees ook: Paramedici geskors wat glo pasiënt agterlaat