Babaseun enkele dae na geboorte ‘ontvoer’ -teruggevind – vrou vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Baba wat vier dae oud was, is glo op 27 November 2022 by Kenako Mall in Gqeberha, Oos-Kaap, ontvoer. Noncedo Jali (33) het op 22 November 2022 geboorte gegee en is op die betrokke dag van hul ontslag uit Dora Nginza-hospitaal na Kenako Mall waar die kleinding weggeraak het.

Kapt. André Beetge sê die ma het na bewering die hospitaal saam met ‘n vrou wat haarself as ‘n familievriendin voorgestel het, verlaat.

By die inkopiesentrum get die beweerde verdagte glo met die baba verdwyn terwyl die ma bababenodigdhede gekoop het.

Algoa Park-polisie het ‘n ontvoeringsaak geopen wat deur GKS ondersoek is.

Op Dinsdag 27 Junie 2023, sewe maande na die pasgeborene se ontvoering, het ‘n vrou probeer om die babaseun met beweerde vals papierwerk by dieselfde hospitaal waar die ontvoerde baba gebore is, te registreer.

Op en wakker hospitaalpersoneel het GKS gekontak en die verdagte is in hegtenigs geneem en van ontvoering aangekla.

Die baba is in haar sorg gevind en is tans in die toesig van maatskaplike werkers terwyl die voorlopige ondersoek gefinaliseer word.

Die verdagte sal vandag vir ‘n klagte van ontvoering in die New Brighton-landdroshof, verskyn.

Addisionele klagtes kan bygevoeg word soos wat die ondersoek voortduur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.