Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Twee KwaZulu-Natalse paramedici is geskors na hulle glo ‘n pasiënt in Umlazi agtergelaat het.
Dit volg na ‘n Facebook-plasing waarin ‘n vrou hulp gesoek het vir haar ouer suster, wat hartprobleme ervaar het. Paramedici het haar glo agtergelaat na hulle gesê het dis nie hulle werk om haar by trappe op te dra nie.
Die vrou het gesê die paramedici het geweier om uit die ambulans te klim en het gesê hulle moet haar suster vir hulle bring.
Die vrou het glo haar bure geroep vir hulp toe die paramedici sê hulle is “te stadig en mors ons tyd” voor hulle weggery het sonder om te help.
Die vrou se suster is na ‘n nabye kliniek geneem met ‘n e-hailing-diens en is later na ‘n hospitaal oorgeplaas.
Bronne: eNCA, The Citizen, EWN, ECR



