Momokete Lucy Moea (70) is Vrydag 23 Junie 2023 deur haar kleindogter in Joe Gqabi-polisiëringsdistrik in Aliwal-Noord as vermis aangemeld. Retabhile Moea, haar kleinseun (30), is tydens ondersoek vir haar “brutale moord” in hegtenis geneem.
Kol. Priscilla Naidu sê die bejaarde vrou se liggaam was deur die kleinseun in ‘n staalhouer versteek.
Die kleindogter is Vrydag, nadat sy haar ouma as vermis aangemeld is, deur die polisie na die vermiste bejaarde se huis vergesel. Die beweerde verdagte, wat saam met sy ouma gebly het, was by die huis teenwoordig.
Tydens ondersoek het hy die polisie na ‘n staalhouer geneem waar hy die liggaam van sy ouma versteek het.
Sy was brutaal doodgesteek.
Retabhile Moea is in hegtenis geneem en vir die moordklag aangehou.
Moea het Maandag 26 Junie in die Aliwal-Noord-landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 3 Julie 2023 wanneer hy formeel vir borgtog aansoek sal doen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



