Geen uitleweringsversoek van Duitsland vir Markus Jooste, sê Ntshavheni (find-it.co.za)
Die ANC-raadslid Tebogo Sepale is gister geskors uit die ANC na hy in die Orkney-landdroshof verskyn het op aantygings dat hy twee minderjarige seuns verkrag het.
Sepale het gister sy eerste verskyning in die hof gemaak op elf aanklagte, insluitend vier van verkragting, een aanklag vir die vervaardiging van pornografiese materiaal en een vir seksuele intimidasie.
Video’s en foto’s wat Sepale na bewering geneem het waarin hy glo seks het met ’n jong seun het in Mei op sosiale media versprei.
Die saak teen Sepale is uitgestel tot 7 Julie vir verdere ondersoek en sy borgaansoek.
Bronne: IOL, News365, Twitter
Lees ook: Geen uitleweringsversoek van Duitsland vir Markus Jooste, sê Ntshavheni



