Die video wat op die strand waar bote lanseer word geneem is, is in die omgewing van die St. Lucia-mond.
‘n Boot word lanseer en dan kan die liggaam gesien word. Die persone op die boot wys dan na die liggaam.
Kst. Thenjiswa Ngcobo sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen nadat ‘n man (36) se liggaam te Ingwe-strand gevind is. Die liggaam is in die branders waar dit gedryf het, raakgesien. Daar was geen sigbare beserings aan die liggaam nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



