Jong man (19) in hegtenis wat vliegtuigdeur tydens vlug probeer oopmaak

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

‘n Koreaanse man (19) het paniek veroorsaak toe hy ‘n vliegtuigdeur in die middel van die vlug probeer oopmaak het.

Die vliegtuig was op pad na Seoul vanaf Cebu toe die man ‘n uur in die vlug vreemd begin optree het.

Amptenare van Jeju Airlines het hom na die voorste ry van die vliegtuig geskuif, maar hy het gekla oor druk op sy bors en begin mompel.

Hy het toe sonder waarskuwing na die nooduitgangdeur gehardloop en dit probeer oopmaak. Die bemanning kon hom betyds keer. Nege uit die 180 passasiers is na die landing vir “asemhalingsprobleme” behandel.

Die betrokke passasier is aan owerhede op Seoul se Incheon-lughawe oorhandig en vir dwelms getoets. Die uitslae het positief teruggekom en hy is in hegtenis geneem.

Monsters van sy hare en urine is weggestuur vir toetse om te sien watter dwelms hy gebruik het en hoeveel daarvan.

Bronne: IOL, WION news, Yahoo news, The Independent

Lees ook: Onrus in Frankryk na skietdood van tiener