Fietsryer in KZN raakgery

Deel hierdie storie / Share this story

’n Fietsryer het matige beserings opgedoen nadat hy Woensdagmiddag op die suidwaartse baan van die R102 naby Canelands KZN omgery is.

Lede van Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) is omstreeks 17:38 na die toneel ontbied.

Daar is vasgestel dat die fietsryer afdraand gery het voordat hy skielik in die pad van ‘n wit Isuzu-bakkie beland het.

Die beseerde man is op die toneel vir sy beserings behandel voordat hy deur ‘n private ambulansdiens na ‘n hospitaal vervoer is.