‘n Pastoor van KwaZulu-Natal is voor sy gemeente doodgeskiet
John Myaka, ‘n ACDP-raadslid in die uMhlathuze-munisipaliteit, is Dinsdagmiddag noodlottig gewond by die kerk in sy huis in Amansanastraat in Nseleni, Richardsbaai.
Volgens konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, word ‘n saak van moord ondersoek.
Die rede vir die misdaad is onbekend.



