Man deur pitbull verskeur

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: Foto mag sensitiewe lesers ontstel

‘n Man (45) is ernstig beseer toe hy Woensdagmiddag in Unipark-keerweg in Sastripark KZN deur ‘n pitbull verskeur is.

Inwoners het Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) Phoenix- operasionele sentrum gekontak en dringende mediese hulp vir die ernstig beseerde voetganger versoek.

Volgens ‘n inowner was die hond steeds in die omgewing en ‘n gevaar vir die ander inwoners.

Reaksiebeamptes en Rusa-paramedic is onmiddellik uitgestuur en was omstreeks 17:16 op die toneel.

Die man het op die sypaadjie gelê en het baie gebloei van verskeie bytwonde aan sy lyf en bene.

Hy het ook ‘n fraktuur aan sy linkerbeen opgedoen.


Die ernstig beseerde voetganger is op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ‘n hospitaal gehaas is.