Vrou skiet Uber-bestuurder wat sy dink ontvoer haar, sê polisie

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

‘n Uber-bestuurder is verskeie kere in die kop geskiet deur ‘n passasier wat gedink het hy ontvoer haar.

Daniel Piedra (52) is op 16 Junie verskeie kere in die kop geskiet in El Paso, Amerika toe sy passasier ‘n bordjie gesien het waarop gestaan het “Juarez, Mexico” en sy gedink het hy ontvoer haar.

Piedra is Woensdag oorlede na sy familie besluit het om die lewensondersteuningsmasjiene af te skakel.

Phoebe Copas (48) van Tompkinsville, Kentucky is Donderdag aangekla van moord na Piedra se dood. Haar saak is uitgestel met nog geen nuwe verhoordatum nie.

Copas het ‘n Uber gebel om haar na ‘n casino te neem waar sy van plan was om haar kêrel te ontmoet. Copas het die bordjie vir Juarez gesien, geglo sy word ontvoer en het Piedra verskeie kere in die kop geskiet.

Owerhede sê Copas het nie die polisie probeer bel voor sy geskiet het nie en sy het hulle nie dadelik gebel na die skietery nie. Volgens die hofdokumente het sy eers foto’s van Piedra vir haar kêrel gestuur na die skietery en toe die polisie gebel.

Sy is dieselfde dag in hegtenis geneem. Ondersoekers het gesê Piedra het die “normale roete gery na die casino en was nie naby enige pad om na Mexico te gaan nie”.

Bronne: IOL, CBS News, NBC News, Inside Edition

Lees ook: Moontlikheid van oorlewendes in Vrystaat-myn