Vermiste man van Mitchells Plein se liggaam in kattebak van motor gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

‘n Vermiste man van Mitchells Plein se liggaam is vasgebind in sy motor se kattebak gevind.

Ridaah Sasman (30) het Vrydag verdwyn na hy vir sy familie gesê het hy gaan iemand aflaai. Hy het sy huis die oggned 01:00 verlaat om iemand in Lentegeur te gaan aflaai. ‘n Paar uur later het hulle ‘n boodskap van sy nommer af gekry wat vir geld vra. Daarna is hulle nie weer van die nommer af gekontak nie.

Sy suster het aan die Cape Argus vertel hulle het die Saterdag sy skoene gekry toe iemand dit probeer verkoop het. Hulle is toe na ‘n huis gestuur waar sy voertuig gestaan het. Sasman se liggaam is in die kattebak ontdek, vasgebind in net sy onderklere.

Die polisie ondersoek die saak en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Bronne: IOL, Daily Voice, SABC

Lees ook: Moontlikheid van oorlewendes in Vrystaat-myn