‘n Vragmotorbestuurder is Sondag 25 Junie 2023 in die vroeë oggendure by die Nakop-grenspos vir beweerde dwelmhandel vasgetrek
Sers. Omphile Masegela sê polisielede by Upington-grenspos het ‘n vragmotor tydens Operasie Shanela vir ‘n sekondêre inspeksie gekies.
Met deursoeking van die vragmotor wat van Suid-Afrika onderweg na Namibië was, is sewe bokse, bevattende 133,340 kg dagga met ‘n geskatte waarde van R3 608 500, gevind.
Die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



