Twee mense is beseer nadat ‘n bakkie waarin hulle gery het Maandag op die Buffelsdraaipad in Buffelsdraai KZN omgeslaan het.
Inwoners in die area het Reaction Unit South Africa (Rusa) gekontak en bystand gevra vir die bestuurder en sy passasier wat in die wrak vasgekeer was.
Reaksiebeamptes en Rusa se paramedici is dadelik uitgestuur. Met hul aankoms op die toneel omstreeks 11:14 het hulle ‘n wit Kia K2700-bakkie op sy sy ontdek.
Die insittendes is voor die aankoms van First Responders deur die publiek uit die voertuig verwyder.
Die bestuurder het Rusa-lede ingelig dat hy op ‘n steil pad gery het toe sy remme onklaar geraak het.
Hy het van die pad afgewyk en is teen ‘n wal uit, wat daartoe gelei het dat die voertuig omgeslaan het.
Albei insittendes het ligte beserings opgedoen.



