‘n Man van die Oos-Rand is oorlede nadat hy glo van ‘n bakkie afgeval het.
Oos Rand Polisie Rugby het die nuus van Leonard Retief se dood op hul Facebook-blad gedeel.
Retief, wat jare lank deel van die klub was en slot gespeel het, is glo op slag oorlede.
Medelye het intussen op Facebook ingestroom vir Retief se naasbestaandes.
Retief en sy verloofde, Lolla du Toit, sou in Desember getrou het.



