Die departement van gesondheid het bevestig dat die nasionale cholera-dodetal nou op 43 staan.
Die aantal sterftes wat met die uitbreking verband hou, is Vrydag bevestig.
Dit volg ná ‘n paar weke waarin die siekte tekens getoon het van ‘n afname in die oordrag van infeksies.
Gesondheidswoordvoerder, Foster Mohale, sê die fokus was op die voorkoming van verdere persoon-tot-persoon-oordrag van die siekte waar daar geen gerapporteerde cholera-uitbreking is nie.
“Die land het ‘n totale kumulatiewe getal van 1045 vermeende gevalle van cholera in 15 uit 52 distrikte in vyf provinsies aangeteken, waarvan 197 van hulle laboratorium-bevestig is.
“Gauteng-provinsie is verantwoordelik vir die meeste van die gevalle teen 89% met 176 aangemelde gevalle uit drie distrikte. Vrystaat-provinsie is verantwoordelik vir 6% met 11 van die gevalle, aangemeld uit een Fezile Dabi-distrik. Noordwes het vyf gevalle aangeteken, Limpopo vier gevalle en een geval het in Mpumalanga voorgekom.”



