Koeël bedoel vir polisielid tref passasier

Deel hierdie storie / Share this story

Nolukhanyo Nkosiyane (19) is op 29 April 2023 deur ‘n onbekende gewapende man wat vir ‘n polisieman gemik het, raakgeskiet na sy ‘n geleentheid in ‘n polisievoertuig in Kraaifontein gekry het.

Woman For Change sê Nkosiyane was na bewering saam met vriende uit. Die vriende is daarna na Khayelitsha, terwyl Nkosiyane by Kraaifontein-polisiestasie afgelaai is in die hoop dat die polisie haar ‘n geleentheid sou gee. Na bewering het die polisie vir haar gesê om vir die patrollievoertuig te wag.

Ure later het ‘n dubbelkajuit-polisievoertuig glo opgedaag en sy het ingeklim.

Op pad na haar huis is die polisievoertuig in Ou Paarlweg naby ‘n hoërskool gestop, na wat bewer word vir hulp aan ‘n onbekende persoon, waar daar op die polisievoertuig geskiet is.

Die polisielid wat voor in die voertuig gesit het, is gemis, maar Nkosiyane, wat agter die polisiebeampte op die agterste sitplek gesit het, is in die kop geskiet.

Woman For Change sê sy is ‘n dag later in ‘n hospitaal oorlede.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.