‘n Man is in hegtenis en aan Verulam-polisie oorhandig, nadat hy na bewering Sondagoggend in die vroeë oggendure twee van sy meisie se werkskollegas in Mhlasini, KwaZulu-Natal aangeval het, van wie een dood en een beseer is.
Reaction Unit South Africa sê hulle is deur inwoners gekontak en is omstreeks 04:58 na die toneel waar ‘n man se lewelose liggaam en nog ‘n beseerde persoon buite ‘n taverne gevind is.
Volgens wat vasgestel kon word, het beide die mans glo by die kollega se blyplek aangekom.
Hulle het na bewering aan die deur geklop en haar kêrel het oopgemaak, waarna hulle gevra het om met die vrou te praat.
‘n Argument het glo ontstaan waartydens die vrou se kêrel glo ‘n mes uitgepluk en beide die mans gesteek het.
Die beseerde mans kon glo ongeveer 300 meter tot buite ‘n taverne vlug, waarna hulle ineengestort het.
Die verdagte wat van die moord en poging tot moord verdink word, is aan Verulam-SAPD oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



