Edward Albertus Buckle (16), ook bekend as Edwin, is sedert Saterdag 24 Junie 2023 om ongeveer 10:40 in Kemptonpark, Gauteng, vermis.
Buckle het haselbruin oë en kort bruin hare, weeg tussen 70 en 80 kg en is ongeveer 1,9 tot 2 m lank.
Hy is die laaste keer gesien toe hy na bewering by die Aero Park-sentrum, in Atlasweg, Bonaeropark, vakansiewerk gesoek het en was geklee in ‘n grys sweetpakbroek, baadjie en geel Skechers.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind kan met die volgende persone kontak gemaak word:
Kapt. Salomé Sampson – Kemptonpark-SAPD by 082 325 9921, 011-393 8800 of Stop Misdaad by 08600 10111
Pink Ladies Organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882
Missing Children South Africa by 072 647 7454
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



