Grenspolisie onderskep kokaïene ter waarde van R12,8 miljoen

Deel hierdie storie / Share this story

Grenspolisie van Ngqura-seehawe in die Oos-Kaap het vroeër die week op 32 blokke kokaïene met ‘n straatwaarde van R12,8 miljoen afgekom.

Brig. Athlenda Mathe sê lede het die vonds in ‘n veronderstelde leë skeepsvraghouer gemaak.

Die skeepsvraghouer was bedoel om vrugte van Suid-Afrika na die Verenigde Arabiese Emirate te vervoer.

Na die beslaglegging is daar ‘n ondersoek geloods om die oorsprong van die dwelms en hul bestemming te bepaal.

Mathe sê dat daar deur Operasie Shanela se hoëdigtheidsoperasies voortgegaan sal word om meer dwelms uit die strate van Suid-Afrika te verwyder.

Sedert 8 Mei 2023 is 1 686 verdagtes vir handel in dwelms in Suid-Afrika in hegtenis geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.