Juan-Pierre van Zyl (23) van Hartbeespoortdam in Noordwes is laas om ongeveer 06:00 op Donderdag 22 Junie 2023 gesien.
Hy mag moontlik irrasioneel en verward voorkom omdat hy aan psigose lei.
Hy het ligbruin oë en hare, weeg 75nkg en is 1.78 m lank.
Die laaste keer wat hy gesien is, was hy in ‘n swart langmouhemp, swart broek en blou seilskoene geklee.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan daar met die volgende persone kontak gemaak word:
Sers. Kgasi by Hartbeespoortdam – 012 253 7001 of Stop Misdasad – 08600 10111
Pink Ladies Organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



