Derick Hougaard is steeds in die hospitaal, maar volgens Nádine se nuutste plasing op sosiale media gaan dit beter met hom.
Sy het dank uitgespreek teenoor ware vriende se ondersteuning.
Nádine sê dat Derick, wat reeds sy oë oopgemaak het, se infeksietelling bly sak en dat hy al minder deur ‘n ventilator ondersteun word.
“…sy longe raak sterker en sy brein is helder.”
“Hy wil praat, hy wil opstaan.”
Lees Nádine se plasing hier:
Dit is in moeilike of uitdagende omstandighede dat mens jou ware vriende van voor af weer waardeer. Diegene wat kos aflaai, blomme bring, die wat verstaan wanneer jy ‘n boodskap nie raaklees nie, die wat sommer net daar is.
Dit is ook in gelowige tye wanneer jy die Vader eer vir Sy werk, prys vir genade, dat die vyand nooit slaap nie. So ek hou my fokus reguit boontoe. My gebed begin met danksegging en eindig met die erkenning dat slegs die Vader ons oorlog kan baklei.
I will not bow to the accuser, I will not be deafened by one who walks like a roaring lion, for he is not my truth or salvation. I shall not fear.
Derick se infeksietelling bly sak, die ventilator se ondersteuning raak al minder, sy longe raak sterker, en sy brein is helder. Hy wil praat, hy wil opstaan. Ek EER ons Vader sonder ophou vir sy genesing! Ons sien uit om sy stem weer te hoor!
Dankie ook van Derick se familie, vir elke gebed en soveel ondersteuning.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



