‘n Motorfietsryer is Vrydagoggend in Madiba-rylaan in Nelspruit (Mbombela), Mpumalanga in ‘n ongeluk dood.
Emer-G-Med was op die toneel waar ‘n bakkie en ‘n motorfiets in ‘n botsing betrokke was.
Die motorfietsryer is noodlottig beseer en met aankoms van paramedici dood verklaar.
‘n Passasier van die bakkie is vir geringe beserings behandel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



