Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Minstens 31 vermoedelik onwettige myners het in ‘n myn in Welkom, Vrystaat omgekom.
Die departement van minerale hulpbronne het gesê die myners is verlede maand oorlede in ‘n ventilasieskag wat laas in die 1990’s gebruik is. Die departement het gesê hulle is in kennis gestel van die lewensverlies deur Lesotho se ministerie van buitelandse sake.
Drie van die liggame is glo deur ander vermoedelik onwettige myners uit die skag gebring, maar die res is nog ondergronds weens gevaarlike metaanvlakke in die skag.
Die departement het gesê hulle ondersoek die omstandighede van die lewensverlies.
Bronne: 702, EWN, The Citizen
Lees ook: Meer as 30 beseer in Parys-ontploffing



