Seun (8) ‘verkrag’ – verdagte vandag in hof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (8) is na bewering sedert 1 Junie 2022 tot 26 Mei 2023 in Limpopo deur ‘n 34-jarige man verkrag wat intussen deur die SAPD in Modimolle (Nylstroom) in die Waterberg-distrik in hegtenis geneem is.

Kol. Malesela Ledwaba sê ‘n klagte is op 3 Mei 2023 van ‘n skoolhoof ontvang van ‘n gr.-1 leerling wat in ‘n haglike higiëniese omgewing woon. Die skool het reeds die ma aangespreek om lewensomstandighede van die kind te verbeter, wat nie tot hul bevrediging nagekom is nie.

Die minderjarige is op 26 Mei uit die sorg van sy ma verwyder en in ‘n plek van veiligheid geplaas.

Hy is vir ‘n mediese ondersoek geneem omdat hy glo simptome van seksuele misbruik getoon het.

‘n Forensiese assessering is Dinsdag 20 Junie gedoen wat bo redelike twyfel bewys het dat die kind verskeie kere verkrag is.

‘n Polisie-ondersoek het dadelik begin waarna die verdagte in hegtenis geneem is.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag 22 Junie 2023 vir ‘n klagte van verkragting in die Modimolle-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.