Niemand is Donderdagmiddag beseer toe drie mans ‘n sekuriteitsbeampte in Laurastraat in die Tongaat CBD KZN beroof het.
Die Reaction Unit South Africa (Rusa) Tongaat-operasiesentrum het omstreeks 16:23 ‘n oproep ontvang van ‘n transitorooftog wat aan die gang is. Die persoon wat gebel het, kon geen verdere besonderhede verskaf nie.
Beamptes is dadelik uitgestuur en met hul aankoms het hulle vasgestel dat drie gewapende mans ‘n sekuriteitsbeampte in ‘n gang gekonfronteer het toe hy ‘n supermark verlaat het. Die verdagtes twee bokse met ‘n onbekende bedrag geld en sy vuurwapen gevat. Hulle het toe te voet in ‘n onbekende rigting gevlug.
Dit kon nie vasgestel word of hul wegkomvoertuig in Gopalall Hurbansweg geparkeer was nie.



