Die publiek se samewerking word versoek om die 76-jarige Joseph Magubane op te spoor.
Magubane woon volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) langs die Primêre Skool Zakhele in Sundumbili, KZN.
Hy het Dinsdag (13/06/2023) sy huis verlaat en sou na verwagting per taxi na Verulam reis om ‘n kerkvergadering by te woon. Die bejaarde man kon sedertdien nie opgespoor word nie. Magubane het nie ‘n selfoon gehad nie.
Indien enigiemand inligting oor Magubane het, kontak Rusa by 086 1234 333.



