Babareddingsbokse is die alternatief wanneer mammas nie meer hul babas kan versorg nie. Die baba word in die boks geplaas, waarna ‘n alarm verantwoordelike persone van die baba in kennis stel. ‘n Kettingreaksie van gebeure vind dan plaas, maar die belangrikste is dat die baba versorg sal wees en nie iewers in ‘n ongewenste plek wat tot die dood kan lei sal eindig nie.
Rock of Hope in Magalieskruin in Pretoria het op 1 Junie 2023 hul babareddingsboks geloods.
Mienkie en Wouter Prozesky is welbekend as ouers van vele wat kinders wat op pad is na hul “forever homes” inneem en met liefde soos hul eie versorg.
Die span wat hierdie ouers met die babas gaan help, is soos volg deur hulle op sosiale media bedank:
Baby Savers SA, ABBA Adoptions wat met statutêre dienste sal help, Prosec Citr 247 wat die elektroniese sy van die boks, sowel as sekuriteitsdienste van die huis versorg, Sinoville-SAPD, Montana-hospitaal ongevalle wat die babas sal stabiliseer, SOC Ambulansdienste vir die babas se vervoer na die hospitaal, Plumb Ambulance wat die installering van die boks behartig het, en maatskaplike dienste wat by die huis betrokke is.
“GOD, THANK YOU for this privilege to be Your hands and feet on earth. Please bless every baby that will be saved through our baby box. AMEN.”
Op 21 Junie 2023 is ‘n babareddingsboks amptelik deur middel van die “Project Life Baby Saver” in Umhlali-woonbuurt, in KwaZulu-Natal, geloods.
IPSS Medical Rescue was deel van die opening en verduidelik wanneer ‘n baba in die boks geplaas word, word ‘n elektroniese boodskap na sekuriteit en mediese reddingsdienste sowel as vrywilligers wat met die projek bemoeid is, gestuur. Hierdie persone sal sorg dra dat die baba veilig en gesond is voordat die lyfie na ‘n wetlik gekeurde liefdevolle pleeghuis sal gaan.
Al die borge wat by hierdie projek betrokke is, is ook bedank, en sluit die volgende in: Project Life Pregnancy Support wat leiding met die inisiatief geneem het. Sign FacetsReway ProjectsArmoured InteriorsAlpha Security – Kwazulu NatalMins Breakdown Services & Panel BeatersThe Waterberry Coffee ShoppeMandukas FormworkHearts that Hope SaxonVil en Metal Mania.
Babareddingsbokse is nie iets nuut nie. Daar is reeds strategies op verskeie plekke deur die land bokse aangebring.
Daar moet steeds in ag geneem word dat dit ‘n kriminele klagte is om jou baba te “verlaat”, wat deur die polisie ondersoek sal word.
Sekerlik die bekendste storie van ‘n bababoks se ontstaan is dié van wyle AO Michelle Stevenson van Vanderbijlpark wat ‘n pasgebore baba gedurende 2006 op ‘n vullisstortingsterrein gevind het. Sy het die babameisie die naam Jessica asook haar eie van “Stephenson” gegee, waarna sy die baba met waardigheid laat begrawe het. Michelle het hierna met die hulp van Vanderbijlpark-hof die “Jessica’s Wall of Life” met ‘n babareddingsboks geloods waarmee reeds ‘n aantal babas gered is. Michelle is in 2016 deur huisrowers in haar huis vermoor. Kashenka Stephenson het die trotse projek van haar ma oorgeneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.