Wes-Kaap berei voor vir nog ’n koue front

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Levern José onttrek van Mej SA na boelie-aantygings

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Sondag ’n oranje vlak 5-weerwaarskuwing uitgereik vir wind en gevaarlike golwe oor die Noord-Kaap en Wes-Kaap.

Daar is nog ’n koue front op pad na die Wes-Kaap en die inwoners maak gereed vir nog moontlike reën.

Humanitêre verligtingsorganisasies is besig om die mense wat deur die onlangse oorstromings benadeel is te help.

Twee mense het omgekom weens die slegte weer. Een persoon is meegeslur toe die persoon die Buffelsjagrivier probeer oorsteek het in die Overberg en die ander persoon is op Vredendal dood.

Meer as 1 260 mense is haweloos na 340 strukture in Spookie Town beskadig is tydens oorstromings.

Bronne: IOL, The Citizen, eNCA

Lees ook: Levern José onttrek van Mej SA na boelie-aantygings