Levern José onttrek van Mej SA na boelie-aantygings

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Mej SA finalis van boeliery beskuldig

Die Mej SA 2023 Top 12-finalis Levern José het van die kompetisie onttrek ná aantygings dat sy ‘n boelie was op skool.

Levern is verlede week deur minstens twee mense daarvan beskuldig dat sy ‘n boelie was op hoërskool, maar sy het gesê sy is self geboelie en het haarself net probeer beskerm.

Sy het ook gesê sy is jammer as haar aksies om haarself te beskerm iemand seergemaak het en sy gaan ‘n kampvegter teen boeliery word.

Die Mej SA-organisasie en die South African Depression and Anxiety Group het haar van berading voorsien en het gesê hulle aanvaar haar besluit om te onttrek.

Bronne: IOL, Algoa FM, Sunday World, Sowetan LIVE

Lees ook: Mej SA finalis van boeliery beskuldig