Twee vermeende rowers in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nick Frischke se familie vra Action Society vir hulp

’n Polisiesersant wat van diens af was, het Saterdag twee vermeende rowers in hegtenis geneem.

Sers. Gaolatlhwe Joel Masilo was in sy privaat voertuig op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp toe hy twee mans, albei 20, ‘n man sien konfronteer het terwyl hy op pad huis toe was.

Masilo het afgetrek en met die slagoffer gepraat, wat vir hom gesê het die twee mans het hom gedreig en sy selfoon gesteel. Masilo het agter die verdagtes aangegaan, die selfoon teruggekry en die verdagtes in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal vandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: Nick Frischke se familie vra Action Society vir hulp