‘n Dooie grootwithaai is gisteroggend op Hartenbosstrand by die riviermond gevind.
Christiaan Stopforth van Drone Fanatics SA sê in ‘n plasing op sosiale media dat die haai wat uitgespoel het ongeveer 2,9 m lank was.
En alhoewel ‘n haai die vorige dag naby Robeiland deur orkas aangeval is, is dit nie dieselfde haai wat uigespoel het nie.
“This shark was a different shark than the one that was attacked by the Orcas yesterday, the way we knew that this is not the same shark is because of Fin ID each and every Great White Shark has got a different dorsal fin pattern and through that way you can Identify the shark,” sê Stopforth.
‘n Video is bo gedeel waarin navorsingseenhede help om die gestorwe dier van die strand te sleep.
Drie lede van die publiek is ook vir hul hulp bedank.
Oceans ResearchWhite Shark Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



