Desiree Baartman (57) is Woensdag 14 Junie 2023 as vermis aangemeld. Volgens inligting het sy glo haar huis omstreeks 10:00 in Nagelstraat, Uitbreiding 29 in Bethelsdorp, Gqeberhqa, verlaat. Sy is nog nie weer gesien nie. Haar gewese man is vir ondervraging ingeneem.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê met die ondersoek na Baartman se verdwyning het speurders haar gewese man (59) vir ondervraging aangehou.
Na bewering het die vervreemde paar ná hul egskeiding steeds saamgewoon.
Haar gewese man het haar op 14 Junie as vermis aangemeld.
Forensiese deskundiges het tydens die polisie se ondersoek op Vrydag 16 Junie en Saterdag 27 Junie die huis vir leidrade gefynkam.
Met voorlopige ondersoek is die gewese man vir ondervraging aangehou en beslag is op ‘n vuurwapen gelê.
Polisie het ‘n saak van poging tot moord geopen.
Enigiemand wat weet waar Baartman haar bevind, kan met speur. AO Ben Killian van Bethelsdorp-polisie by 072 342 7424 in verbinding tree.
Alternatiewelik kan daar by die naaste polisiestasie gerapporteer word of Stop Misdaad kan by 08600 10111 gekontak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



