Twee verdagtes in hegtenis vir inkopiesentrumrooftogte

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou wat wakker word tydens begrafnis sterf

Twee verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem vir rooftogte by die Thohoyandou-inkopiesentrums in die Vhembe-distrik. Hulle word onder andere aangekla van roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die verdagtes word verbind aan verskeie sake insluitend rooftogte by die inkopiesentrums, die Phangami-poskantoor, Capitec Venda-plaza, asook die Shayandima-roof.

Die polisieondersoek duur voort en nog verdagtes sal na verwagting in hegtenis geneem word.

Die twee verdagtes sal vandag in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: Vrou wat wakker word tydens begrafnis sterf