‘n Man (37) is Saterdag 17 Junie 2023 in sy kamer te Mokgalo Mojuteng-lokasie In Northam, Waterberg-distrik, Limpopo, dood gevind.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ‘n soektog na onbekende verdagtes, wat moontlik by die huisroof en moord betrokke kon wees, is aan die gang.
Na bewering is die man gesien waar hy glo ‘n plaaslike taverne saam met ‘n onbekende vrou in ‘n swart Mini Cooper, onderweg na sy gehuurde woonplek, verlaat het.
Sy familie kon hom glo nie telefonies in die hande kry nie.
Sondag 18 Junie omstreeks 14:00 is familie na sy woonplek en het die kamerdeur ongesluit gevind.
Die oorledene is op sy bed aangetref met bloed wat by sy neus uitkom. Hy was reeds dood.
Met ondersoek is agtergekom sy voertuig en twee selfone word vermis.
‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.
Die ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting aanaande die saak word versoek om met die ondersoekbeampte in die saak, AO Pieter du Plessis, by 082 575 7611 kontak te maak.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie gekontak word, of wenke kan ook deur die MySAPS-toepassing verskaf word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



