Karlien van Jaarsveld se Facebook- en Instagram-blaaie is nie meer aktief nie.
Die sangeres het Saterdag op haar sosiale media haar “stilte'” verdedig en gesê sy was onbewus daarvan dat Derick Hougaard in die hospitaal is.
Van Jaarsveld en Hougaard was voorheen getroud en het tweeling-seuns saam.
FiND iT verneem Van Jaarsveld het na die inskrywing op haar sosialemediablaaie negatiewe kommentaar gekry en dus eers haar Facebook en Instragram tydelik gedeaktiveer.
Die nuus het Vrydag op sosiale media gebreek dat Hougaard om sy lewe veg in ‘n hospitaal.
Hougaard het glo tien dae gelede gaan slaap en nie weer wakker geword nie.
Die sangeres Nádine moes die oggend ‘n ambulans na sy huis in die ooste van Pretoria ontbied.
Van Jaarsveld het Saterdag op haar Instagram-blad ‘n liedjie gesing wat sy vir haar eks-man geskryf het met die woorde dat hy altyd “Sy liefling sal bly.”



