Gemeenskap van Heideveld ly groot skade in Kaapse stormweer

Deel hierdie storie / Share this story

Elma Nel, DA-raadslid van Wyk 54, vra hulp vir die gemeenskap van Heideveld in die Kaap wat skade opgedoen het tydens uitermatige reënval die afgelope week

“Alderman Elmarie Linde het ons hulp nodig vir die gemeenskap in Heideveld wat groot skade gely het met die uitermatige reën tans in die Kaap.”

Nel het ‘n lys van benodigdhede wat tans die grootste behoefte is aan FiND iT verskaf.

Dit sluit mieliemeel, pasta, rys, suiker, koffie, tee, melk, broodmeel, blikkeskos, babadoeke, babaroom en baba-formulemelk in.

Daar word ook vir klere, skoene en komberse vir kinders sowel as vir volwassenes gevra.

Nel het ‘n vergadering met Boella Botha van PostNet in Mayville, Pretoria gehad wat hul perseel beskikbaar sal stel vir skenkings, waarna Jean-Pierre Whittingstall van JPS Moving die geskenkte items tot in die Kaap sal vervoer.

“Ons almal wens soms vir ‘n wonderwerk en hier het ons ‘n geleentheid om deel te wees van ‘n antwoord op iemand se gebede in tye van nood,” sluit Nel af.

Raadslid Elma Nel kan by 082 293 4858 gekontak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.