Vier verdagtes wat op 15 Junie 2023 omstreeks 02:00 die oggend ‘n slagoffer (31) in sy huis in Stekastraat, Meloding, Virginia, Vrystaat beroof het, is vasgetrek.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het glo geslaap en daar is eers aan sy deur geklop en toe hy reageer, is sy deur oopgeskop.
Hy is na bewering met messe gedreig om nie ‘n geluid te maak nie en van waardevolle artikels beroof.
Die verdagtes is met hul buit weg en die insident is aan die Meloding-polisie rapporteer.
Misdaadvoorkomingslede het ‘n wenk ontvang wat gelei het tot die inhegtenisneming van vier verdagtes tussen die ouderdom van 24 en 31 jaar oud.
Al die gesteelde goedere is in hul besit gevind en lede het daarop beslag gelê.
Die verdagtes sal op 19 Junie in die Virginia-landdroshof verskyn.
Brig. Mzondi Mojafi, waarnemende distrikskommissaris van Lejweleputswa, het die lede geprys vir hul goeie werk.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



