Lees ook: Kinders doodgebrand in aanval op Uganda-skool
’n Duitse Protestantse pastoor genaamd Quinton Ceasar het verlede week gesê “God is ‘queer’” en “swart lewens maak altyd saak” tydens ’n byeenkoms by ‘n Duitse Protestante kerk.
Ceaser het gesê: “Dit is nou die tyd om te sê: Swart lewens maak altyd saak. Dit is nou die tyd om te sê: God is ‘queer’. Ons los niemand om dood te gaan nie.”
“God is altyd aan die kant van diegene op die kantlyn, wat ongesien of naamloos is. En as God daar is, dan is dit ons plek,” het die pastoor bygevoeg. “Liefde was nog nooit ‘n massabeweging nie. Maar ek is ‘n optimis.”
Ceasar se uitlatings het baie kritiek ontlok met sosialemediagebruikers wat sê hy is “lasterlik” en nie ’n regte pastoor nie.
Bronne: The Jerusalem Post, American Faith, Daily Telegraph, Twitter



