Lees ook: Minstens 41 dood in aanval op skool in Uganda (find-it.co.za)
Vier verdagtes is Vrydag in aparte voorvalle in hegtenis geneem. Polisielede van die Wes-Kaapse blitspatrollie het inligting verbind aan verdagtes betrokke in gewapende rooftogte in Kuilsrivier opgevolg.
Die polisie het die verdagtes se voertuig in Bellville gesien en ’n hoëspoedjaagtog het gevolg. Die verdagtes het verder te voet gevlug. Een is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit van ’n nagemaakte vuurwapen.
Polisielede het ‘n huis in Khayelitsha deursoek en ’n man in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Nog ’n vrou is in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
Die polisie in Paarl-Oos het ’n man tydens patrollie in hegtenis geneem vir die besit van verbode vuurwapens en ammunisie.
Die verdagtes sal binnekort in die Blue Downs-, Khayelitsha- en Paarl-landdroshowe verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Minstens 41 dood in aanval op skool in Uganda (find-it.co.za)



