Minstens 41 dood in aanval op skool in Uganda

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte sterf in ongeluk

Minstens 41 mense is dood in ‘n aanval op ‘n skool in Uganda. Volgens die polisie het die Allied Democratic Forces (ADF), ‘n militante groep, wat verbind word aan die Islamitiese Staat, gister ‘n laerskool in Mpondwe aangeval.

‘n Skoolslaapsaal is aan die brand gesteek en ‘n kosstoor is geplunder.

Die polisie het nie gesê wat die aanval behels het of hoe die oorledenes aan hulle dood gekom het nie.

Die burgemeester het gesê 38 skoolkinders, een wag en twee lede van die gemeenskap is oorlede.

‘n Militere beampte het gesê van die skoliere is ontvoer.

Die verdagtes het na die Virunga- nasionale park in die Demokratiese Republiek van die Kongo gevlug.

Bronne: DW – South Africa, Radio France Internasional, CNN, Reuters

Lees ook: Polisiebeampte sterf in ongeluk