Lees ook: Minstens 41 dood in aanval op skool in Uganda
Die Taung-polisie het gevra vir hulp van die gemeenskap na die liggame van twee vrouens Vrydagoggend in Manokwane ontdek is.
Mmapulana Pauline Mmusi (80) en Merriam Kelobogile Mokgalagadi (59) het Donderdag hulle huise verlaat om hout te gaan haal in ’n nabye veld. Hulle families het hulle gaan soek toe hulle nie terugkom nie en het hulle liggame naby mekaar in die veld gekry. Hulle het albei ernstige beserings aan hulle koppe gehad en is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat hulle ook verkrag is.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om WO Peace Babe te skakel by 082 443 8680 of Crime Stop by 08600 10111.
Bronne: SAPS



